Webwerfontwikkeling
Ons ontwerp en ontwikkel vir jou 'n webwerf
wat by jou of jou organisasie se behoeftes en karakter pas.
Daar is soveel veranderlikes wat 'n rol speel, dat 'n mens
dit nie alles hier kan noem nie. Enkele van die veranderlikes
is kleur, uitleg, grafika, logo's, databasisse en interaksies
met die webbladsye.
Webgasheerdienste
Jy soek 'n webwerf, maar jou groot vraag
is hoe kry jy dit op die Internet?
Domeinregistrasie
Jy het jou webbladsye op 'n Internetbediener
wat deur sy eie spesifieke IP-adres aangedui word. Die Internetgemeenskap
gebruik egter selde of ooit 'n IP-adres om 'n webwerf te besoek.
Dit is makliker om 'n naam as 'n lang ry syfers te onthou.
Daarom moet jou webwerf 'n naam kry. Dit word 'n domeinnaam
genoem. Anders beskou, die naam dui jou virtuele gebied op
die Internet aan. Hierdie naam moet by 'n registrasie-owerheid
geregistreer word sodat die wêreld kan weet dat hierdie
domein aan jou behoort.
Verspreidingslyste
Verspreidingslyste is 'n handige instrument
indien jy inligting aan verskeie persone of instansies gelyktydig
wil stuur. Jy kan self besluit hoe jy hierdie verspreidingslyste
wil aanwend, hetsy as 'n eenrigting verkeer vanaf jou na die
ontvangers óf as 'n forum waar mense met mekaar kan
kommunikeer. Die aantal eposadresse wat op 'n enkele verspreidingslys
geplaas kan word is onbeperk.
Webwerfinstandhouding
Wanneer jou webwerf eers op die Wêreld
Wye Web verskyn, is dit nog nie die einde van die verhaal nie.
Voortdurende instandhouding is noodsaaklik.
|
|
Sommige webwerwe deur
Ontoweb Media:




Databasisse
Ons MySql databasisse verskaf jou 'n
fasiliteit om data direk vanaf 'n webbladsy in te voer en
te stoor sodat dit intyds of agterna verwerk en vertoon kan
word. Die SQL data kan ook enige tyd na 'n Excel spreiblad
oorgedra word.
__________________________
By Ontoweb Media verstaan
ons die belangrikheid vir die korrekte gebruik en aanwending
van inligting vir jou as persoon of vir jou organisasie. Daarom
kan ons vir jou al die Internet inligtingsdienste in een enkele
pakket aanbied, vanaf webwerfgasheerdienste en webwerfontwikkeling
tot by eNuusbriewe en eNuusblaaie. Gebruik asb die kieslys hierbo
om deur ons webwerf te swerf. Miskien is daar iets, spesifiek
vir jou. |
|
eNuusbriewe
Elektroniese nuusbriewe bied
vir jou een van die goedkoopste en mees effektiefste maniere
om jou organisasie of sakebelange aan die wêreld bekend
te stel. Daar is geen drukkerskoste aan verbonde nie en die inligting
word oomblik wêreldwyd versprei. Baie internasionale maatskappye
maak van eNuusbriewe gebruik om die publiek op hoogte van nuwe
verwikkelings en/of produkte te hou.
eNuusblaaie
'n Elektroniese nuusblad is
'n publikasie wat in pdf-formaat uitgestuur word en wat ook in
HTML-formaat op die Web beskikbaar gestel kan word. Dit is gerig
om nuusgebeure en interessanthede aan 'n bepaalde gemeenskap
of groep te bring. Daar is geen beperking op die aantal bladsye
nie solank die totale lêer nie een megagreep oorskry nie.
eBoeke
Indien jy 'n besonderse boek het wat jy
in elektroniese formaat wil publiseer kan jy net met Ontoweb
Media in verbinding tree. Alle boeke
word in gebruikersvriendelike formaat uitgelê sdat dit
gerieflik op 'n rekenaarskerm vertoon kan word en op 'n drukker
in A5 formaat uitgedruk kan word.
Geïntegreerde dienste
Moeg gesukkel om maandelikse debietorders
te administreer? Ontweb Media en Inligtingsdienste kan dit vir
jou ten volle outomatiseer sodat al jou debietorders verwerk
word met die druk van 'n enkele knoppie. Jou bydrae-databasis
bly altyd op datum.
Wil jy artikels op jou webbladsye
verkoop? Integreer dan jou webbladsye met 'n kredietkaart- ontvangsportaal
en ontvang betalings wêreldwyd via jou webbladsye.
Besoek ook:
http://www.childtherapist.co.za
http://www.boor.co.za
http://www.dieweg.co.za |