|
Domeinregistrasie
Ontoweb Media en Inligtingsdienste bied vir jou 'n volledige eenstopdiens vir jou beplande webwerf. Dit sluit die volgende in: Domeinregistrasie. Jy het jou webbladsye op 'n Internetbediener wat deur sy eie spesifieke IP-adres aangedui word. Die Internetgemeenskap gebruik egter selde of ooit 'n IP-adres om 'n webwerf te besoek. Dit is makliker om 'n naam as 'n lang ry syfers te onthou. Daarom moet jou webwerf 'n naam kry. Dit word 'n domeinnaam genoem. Anders beskou, die naam dui jou virtuele gebied op die Internet aan. Hierdie naam moet by 'n registrasie-owerheid geregistreer word sodat die wêreld kan weet dat hierdie domein aan jou behoort. Die naam van die domein bestaan uit drie dele:
Die koste vir 'n domeinregistrasie hang af van wie die registrasie vir of namens jou doen. Suid-Afrikaanse registrasiefooie wissel van R50.00 (as jy dit self doen) tot R300.00 (as jy dit laat doen). Dit moet jaarliks hernu word. Ontoweb Media se fooi beloop ongeveer R100.00 (nasionaal en internasionaal). Bekendstelling van jou webwerf op die Internet. Vra vir enige persoon wat sy eie Internetbesigheid self begin het en hy/sy sal vir jou sê dat dit baie tyd en geld kos om jou webwerf op die Internet bekend te stel. Ontoweb Media kan jou help om jou webwerf op die Internet te adverteer teen geen ekstra koste nie!
|
|||||||||||||||||