|
Beste Leser,
Dit is vir ons 'n genoeë om bekend te maak dat die Afrikaanse Nuusagentskap op 1 Augustus sy deure open. Jy kan gerus hulle webwerf by www.afrikaansenuusagentskap.co.za besoek. Daar is darem ook 'n korter weergawe van dieselfde naam www.afna.co.za.
Die Afrikaanse Nuusagentskap bring vir jou die volgende:
- Boeke in gedrukte sowel as elektroniese formaat (e-boeke) wêreldwyd.
- Geleentheidskaartjies in gedrukte en elektroniese formaat (e-kaartjies) wêreldwyd.
- Soek jy dalk 'n boek wat jy nêrens kan kry nie? Vra dit aan deur die webwerf.
- 'n Verskeidenheid ander dienste sal met die tyd bygevoeg word.
Alhoewel die klem op Afrikaans is, het marknavorsing getoon dat Afrikaanssprekendes ook graag Engelse boeke lees. Die Afrikaanse Nuusagentskap sal dan ook Engelse boeke op die rak hê.
As jy dalk 'n boek wil publiseer kan jy gerus met die Afrikaanse Nuusagentskap in verbinding tree. Stuur net 'n epos aan marietjie@afrikaansenuusagentskap.co.za.
Ontoweb Media sal self nou nie meer e-boeke hanteer nie. Indien jy in die verlede e-boeke by Ontoweb Media gepubliseer het, kan jy met Marietjie Homan by die bostaande eposadres in verbinding tree.
Groete tot volgende keer,
Lukas du Preez
|