Ontoweb Media se Potpourri Nuusbrief
Augustus 2008
Ontoweb Media Nuus

Beste Leser,

Die Afrikaanse Nuusagentskap se webwerf is op 1 Augustus formeel gepubliseer. Kyk gerus by www.afrikaansenuusagentskap.co.za. Die Afrikaanse Nuusagentskap poog om vir jou die beste in Afrikaanse leesstof te bring. Hoe dan anders met bekende persone soos Martin Jansen en Leunis van Rooyen aan die stuur van publikasies? Boeke is beskikbaar in sowel e-boek as gedrukte formaat. Skryf gerus aan leunis@afrikaansenuusagentskap.co.za indien jy 'n boek wil publiseer.

Hou jou werk jou só besig dat jy nie vir iemand 'n kaartjie kan gaan koop en stuur nie? Doen dit dan by die Afrikaanse Nuusagentskap se webwerf. Kies 'n kaartjie en laat hulle die drukwerk en versending hanteer. Jy kan natuurlik jou eie byskrif byvoeg.

'n Ander nuwe webwerf deur Ontoweb Media is www.buysmart.co.za. Hierdie webwerf verkoop 'n wye verskeidenheid van produkte via geaffilieerde skakels. Produkte wat aangebied word is die volgende: gesondheid, sport, stokperdjies en inkomste-skeppende produkte.

Is jou kinders se toekoms vir jou belangrik? Gaan maak gerus 'n draai by www.bcvo.co.za. Alhoewel hierdie webwerf nog onder konstruksie is, is daar al heelwat interessante inligting op die webwerf beskikbaar.

Groete tot volgende keer,

Lukas du Preez

 
Positiewe houding


Die positiewe persoon het altyd 'n plan; die negatiewe soek altyd 'n ontvlugting.

Die positiewe persoon sê: "laat ek help"; die negatiewe sê, "dit het niks met my te doen nie".

Die positiewe persoon vind vir elke probleem 'n oplossing; die negatiewe vind met elke oplosssing 'n probleem.

Die positiewe persoon vergelyk sy prestasie met sy doel; die negatiewe vergelyk hom met ander.

Die positiewe persoon sê: "dit mag moeilik wees, maar moontlik"; die negatiewe sê: "dit is moontlik, maar moeilik".

Die positiewe persoon sê: "nou is die tyd"; die negatiewe sê: "ek sal eendag".

Die positiewe persoon is altyd deel van die oplossing; die negatiewe is altyd deel van die probleem.

ONTOWEB MEDIA EN INLIGTINGSDIENSTE - VIR AL JOU INTERNETBEHOEFTES


Ter wille van ons kinders


Is die opvoeding van jou kinders jou hoogste prioriteit?

Gaan besoek die BCVO se webwerf by
www.bcvo.co.za

Om oor na te dink

Wanneer jy liefhet behoort jy nie te sê: "God is in my hart" nie, maar eerder: "Ek is in die hart van God".

En moenie dink dat jy die gang van liefde kan bestuur nie, want liefde, as dit jou waardig ag, rig jou lewensgang.

Khalil Gibran: Die Profeet

Webdatabasisse

Gesels met Ontoweb Media mbt al jou webgebaseerde
databasis-
behoeftes.

Kredietkaartportaal

Wil jy kredietkaart- transaksies in Suid-Afrikaanse Rand dmv jou Webblad hanteer, wêreldwyd?

Kontak Ontoweb Media nou.

 

 

Jy kan hier op hierdie nuusbrief inteken of uitteken: Teken in/uit

Kontak ons

Ontoweb Media en Inligtingsdienste, Sashistraat 32, Eldopark, Centurion, SA