|
Beste Leser,
Die Afrikaanse Nuusagentskap in samewerking met Ontoweb
Media en Inligtingsdienste, bring nou vir jou die maklikste manier om
vir iemand ‘n groetekaartjie,
boek, e-boek of laserskyf (cd) as geskenk te stuur.
Sover bekend is dit die eerste webwerf waar jy
jou koopmandjie vol items kan laai en elke item na ‘n afsonderlike
bestemming kan stuur. Bestel nou jou groetekaartjies,
laserskywe, boeke of e-boeke , en stuur dit vir jou
pa, ma, boet of sus. Kry meer inligting hieroor
op die webwerf by
www.afna.co.za. Hoekom stuur jy nie
sommer vandag vir jou baas ‘n groetekaartjie
of e-boek nie? Moet ook nie vergeet nie dat alle items
wêreldwyd
afgelewer word! Bestel dit deur die Afrikaanse
Nuusagentskap se webwerf en laat hulle die res hanteer.
Jy sal sommer baie aan tyd en geld bespaar deur jou
geskenke via die webwerf aan te koop en te stuur.
‘n Nuwe produk van Ontoweb Media is eie doelgemaakte
forum sagteware wat naatloos op webwerwe ingeskakel kan word. In
die verlede moes webwerfontwikkelaars tevrede wees
met die pakkette wat gratis op die Internet beskikbaar
was, soos phpBB en Simple Machines, wat in baie gevalle
pornografiese indringing ten prooi val. Die produk
is boonop in Afrikaans.
Waarskuwing!! Daar is 'n epos wat tans die rondte doen
wat op die oog af vanaf Microsoft kom en gratis opgraderings
vir Windows XP en Vista aanbied. Moet asb nie op die
skakel in die epos klik nie! 'n Trojaanse perd sal
op jou rekenaar gelaai word, wat al jou inligting na
wie-weet-waar sal stuur.
Groete tot ‘n volgende keer,
Lukas du Preez |
|
Die 25-jarige Julius Caesar sou in 75 v.C. retoriek op
die eiland Rhodos gaan bestudeer. Onderweg is hy naby die
eiland Farmakonisi deur Sisiliaanse seerowers oorval. Die
seerowers het egter nie besef wie hulle in hulle midde
gehad het nie. Hulle het 20 talente goud vir sy vrylating
ge-eis. ‘n Beledigde Caesar het hulle uitgelag en
gesê dat hy self 50 talente goud sou betaal. Hy het
vervolgens sy dienaars opdrag gegee om dit te gaan haal.
Onder groot gelag en tot vermaak van die seerowers, wat
hom as vriend eerder as gyselaar beskou het, het hy beloof
dat hy hulle nog eendag almal sou kruisig.
Die losprys is na 40 dae betaal en Caesar is vrygelaat.
In Miletos het hy ‘n klein vloot byeen gebring
en na die plek gevaar waar hy aangehou was. Hy het die
seerowers gevang en in ‘n tronk in Pergamus opgesluit.
Na ‘n tyd het hy almal laat kruisig.
Dus:
- Moenie met die verkeerde persoon
lol nie.
- ‘n Persoon van karakter is kalm onder
druk.
- Die prys wat vir gelag betaal moet word, is soms
hoog.
- Wees vriendelik teenoor jou vyand en hy sal nie
weet wat hy aan jou het nie; maar loop self lig vir geveinsde
vriendskap.
- 'n Wraaksugtige persoon slaan harder terug as
wat hy ontvang.
- Hoe meer die wêreld verander, hoe meer
bly dit dieselfde.
ONTOWEB MEDIA EN INLIGTINGSDIENSTE - VIR
AL JOU INTERNETBEHOEFTES
|