Ontoweb Media se Potpourri Nuusbrief
Oktober 2008
Ontoweb Media -Nuus

Beste Leser,

Wat nou in die finansiële wêreld plaasvind het ons alreeds 5 jaar gelede sien kom; net nie gedink dit sou só lank duur voordat dit gebeur nie.

Die wêreld was egter nog altyd in ‘n groter geestelike as ‘n finansiële nood. Dink net hoe goed dit op hierdie aarde sou wees as die grootmoondhede soveel krisisbestuur vir die geestelike nood aan die dag gelê het! Sou daar dan nog ‘n finansiële krisis gewees het? Die verganklike het nou maar eenmaal 'n hoër prioriteit as die onverganklike!

Nuwe webwerwe deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste

Is jy in die vervoerbedryf? Navorsing deur die bekende kriminoloog Irish-Qhobosheane (www.queensu.ca) dui onder andere die volgende aan:

“Terwyl motorkapingsindikate grotendeels deur Suid-Afrikaners beheer word – met 36 sindikate net in Soweto alleen – word vragmotorkapers meer en deels uit die buiteland ge-orkestreer. Portugese, Libanese en Chinese netwerke, elk bestaande uit 100 lede, kaap vragmotors vir hulle inhoud. Volgens Irish-Qhobosheane is die vragmotor-bestuurders self by ongeveer 70% van die kapings betrokke. Hulle verdien tussen R10 000 en R50 000 vir elke kaping. Die kapers stoor die gesteelde goedere in pakhuise en herverpak dit voordat dit aan groot- en kleinhandelaars verkoop word".

Gaan besoek gerus die webwerf van Renbado by www.renbado.com. Hierdie is ‘n volledige inligtingstelsel wat ‘n groot bydrae sal lewer om voertuigmisdaad te bekamp. Die dienste is slegs vir geregistreerde gebruikers.

Bedryf jy jou eie besigheid in Pretoria en omgewing? Is jy 'n Christelike Afrikaanse sakeman of sakevrou? Word dan lid van die Oranje Sakekamer - Pretoria. Inligting kan op die sake-kamer se webwerf verkry word by www.oranjepta.org en jy kan sommer daar aanlyn aansluit. Die webwerf is met 'n ten volle geoutomatiseerde ledebestuurstelsel toegerus wat die fisiese administrasie van lede totaal uitskakel.

In die tyd waar klein sake onder groot finansiële druk verkeer, het Ontoweb Media ‘n unieke stelsel ontwerp wat dit moontlik maak om komplekse webwerwe en databasisstelsels in ‘n redelike kort tyd te ontwikkel. Vir die meer tegniese persone: nee, dit is nie ‘n stelsel soos Joomla nie. Die ontwikkeling geskied in HTML, PHP en MySQL en 'n mens het volle beheer oor die voorkoms en funksionaliteit van jou webwerf in die taal van jou keuse. Die koste-besparings wat hiermee bewerkstellig word, word direk aan die kliënte deurgegee.

Die feestyd is op hande. Stuur 'n goeie boek, laserskyf of kaartjie aan jou geliefdes wêreldwyd direk vanaf die Afrikaanse Nuusagentskap se webwerf, www.afna.co.za.

Groete tot ‘n volgende keer,

Lukas du Preez

 

Iets om oor na te dink


Robert Louis Stevenson het gesê: "Dié persoon is suksesvol wat goed geleef het, gereeld gelag het en baie liefgehad het; wat die respek van intelligente mense en die liefde van die kinders verwerf het; wat sy plek volgestaan het en sy taak volbring het; wat die wêreld in 'n beter toestand agtergelaat het as wat hy dit gevind het; wat nie te kort geskied het aan waardering vir die skoonheid van die aarde nie, of versuim het om dit tot uitdrukking te bring nie; wat die beste in ander raakgesien het en die beste van homself gegee het."

 

ONTOWEB MEDIA EN INLIGTINGSDIENSTE - VIR AL JOU INTERNETBEHOEFTES


Hulp gesoek


Die Beyersrus Geloftefeeskomitee skryf 'n boek oor die geskiedenis van Makwassie (Maquassi).
Enige interessante inligting, landkaarte, ou foto's of lekker stories en legendes sal welkom wees.

Stuur inligting aan: Marie Barrand artistik@telkomsa.net

Webdatabasisse

Gesels met Ontoweb Media mbt al jou webgebaseerde
databasis-
behoeftes teen 'n baie bekostigbare prys. Vriendelike na-afleweringsdiens gewaarborg. Waarom sukkel met onderpresteerders?

Die wysheid van Ben Sirag

Baie mense is al deur goud geruïneer; hulle het met oop oë hulle ondergang tegemoet-gegaan.

Mense wat behep is met goud, swig uiteindelik voor goud. Ja, al wat 'n gek is word daardeur meegesleur.

Maar ryk mense wat niks verkeerds doen nie, en nie jaag na goud nie, is regtig gelukkig.

Wys vir my sulke ryk mense sodat ons hulle kan prys. Om só iets reg te kry is regtig 'n wonderwerk!

Wys vir my mense wat daardie toets volkome geslaag het. Hulle mag maar trots wees op hulleself.

 

Jy kan hier op hierdie nuusbrief inteken of uitteken: Teken in/uit

Kontak ons

Ontoweb Media en Inligtingsdienste, Sashistraat 32, Eldopark, Centurion, SA