|
Beste Leser,
Na aanleding van die baie navrae met betrekking tot die Nuusbrief, wil ek net meld dat persoonlike omstandighede veroorsaak het dat die nuusbrief 'n bietjie stil gelê het. Die rede vir die onderbreking kan jy op Die Weg se webwerf lees (sien hieronder).
Hieronder is ‘n paar webwerwe waarna jy gerus kan kyk. Hierdie webwerwe is almal deur Ontoweb Media en sy medewerkers ontwikkel.
Anton Hartman is 'n fotograaf van formaat en sal die mooiste dag in 'n vrou se lewe nuwe betekenis gee! Besoek sy webwerf by www.antonhartman.co.za en sien vir jouself.
Indien jy in die kunste belangstel, en in die Vrystaat woon, kan jy gerus die webwerf van Pro Arte Produksies besoek. Kyk by www.proarteproduksies.co.za. Susan Maré is baie bedrywig in veral die Bethlehem omgewing.
Het jy ‘n kind of kinders wat emosionele en/of gedragsprobleme ervaar? Dan is spelterapie dalk net die oplossing. Dit het natuurlik niks met spelling te doen nie, maar alles met speel. Tydens terapie word 'n vertrouensverhouding met die kind gevorm, sensoriese- en selfbewustheid verhoog en emosionele probleme geïdentifiseer en aangespreek. Besoek die webwerf van Wietske Boon by www.childtherapist.co.za. Klik op Afrikaans vir die Afrikaanse webwerf.
So van kinders gepraat, is die Christelike opvoeding van jou kinders vir jou belangrik? Die CVO-skole is besig om te groei. Gaan kyk by www.bcvo.co.za.
Die Afrikaanse Nuusagentskap se webwerf verkoop ook nou boeke van Protea Boekhuis in Pretoria. Die webwerfadres is www.afrikaansenuusagentskap.co.za of sommer www.afna.co.za.
Belangrike aankondiging:
Die webwerf Die Weg is amptelik op 5 Augustus 2009 gepubliseer. Hierdie is ‘n webwerf wat jy MOET besoek. Enige persoon of organisasie wat godsdienstige materiaal hier wil publiseer of “uitsaai” kan met ons in verbinding tree. Alles word gratis geplaas en vertoon. Om egter te verseker dat alle materiaal wel aan spesifieke standaarde voldoen, sal dit eers vir publisering of uitsending oorweeg word. Ons wil hiermee graag die Afrikaanse Christelike gemeenskap by hierdie projek betrokke kry. Die webwerf staan tans onder redaksie van myself. Indien iemand egter geroepe voel om dit oor te neem is hy/sy baie welkom om met my in verbinding te tree. Ons sal al die nodige dienste gratis verskaf.
Daar is ook ‘n Forum op hierdie webwerf beskikbaar waar mense hulle sê oor enige godsdienstige onderwerp kan sê. Alle plasings sal egter gemodereer word om te verseker dat standaarde nagevolg word.
Aangesien daar so ‘n groot nood onder ons mense is, is daar ook in die Forum voorsiening gemaak vir mense om hulp te vra en aan te bied. Indien jy werk soek of ‘n pos beskikbaar het, kan jy dit ook hier plaas. Jy moet egter die plasings self doen. Die stelsel is baie gebruikersvriendelik ontwerp.
Die webwerf is by www.dieweg.co.za.
Groete tot ‘n volgende keer,
Lukas du Preez
----------------------------------------------------------------------------------------------------------- |