| Vanaf Ontoweb Media se Lessenaar |
|
Goeiedag Liewe Leser ,
Die provinsiale regering het aangedui dat die hoofweg
tussen Pretoria en Johannesburg verbreed gaan word
om die stygende verkeersvolume te kan hanteer. Aan
die een kant is dit prysenswaardig. Het jy al probeer
om gedurende spitstyd vanaf Pretoria na Johannesburg
te ry? Dit kan jou 'n uur tot 'n uur en 'n half
neem om die afstand van 40km af te lê.
Aan die anderkant moet daar ook gevra word of dit werklik
nodig is om elke dag werk toe te pendel. 'n Mens kan
sonder moeite die verkeer met tot 20 persent verminder.
Hoe? - wil jy seker weet. Deur 'n kopskuif te maak
en 'n bietjie lateraal te dink.
Daar is heelwat beroepe waar dit nie nodig is vir personeel
om elke dag op kantoor te wees nie. Ek dink veral
aan dié personeel wat weinig fisiese kontak met kollegas
nodig het. Daar is 'n rits van beroepe waaraan 'n mens
op hierdie oomblik kan dink. Deur van breëband
tegnologie en virtuele private netwerke gebruik te
maak, kan personeel 24-uur per dag, 7 dae per week
met hul kollegas in verbinding bly. Personeel werk
in die gerief van hulle eie huise
en verminder daardeur 'n organisasie se bedryfskostes.
'n Minder spanningsvolle werksomgewing verhoog produktiwiteit
en verseker 'n gelukkiger werkerskorps.
Bostaande staan bekend as tele-pendel (Eng: telecommuting).
Dit laat die pendel aan die tele-netwerke oor. Dit
behels egter drie belangrike faktore, te wete: tegnologie,
prosesse en mensbestuur. Hierdie drie faktore vorm
'n eenheid wat korrek bestuur moet word om die meeste
sukses uit tele-pendel te kry. Wat die mensbestuur
betref moet daar vergeet word van die ou bestuurstegnieke
van sitvlak-by-tafel. In plaas van laasgenoemde word
die uitsette van personeel bestuur deur gebruik te
maak van die toepaslike
projekbestuursbeginsels.
Tree gerus met ons in verbinding as jy meer hieroor
wil weet.
|
| |
| Nuwe webwerf |
|
Gaan besoek gerus Radio Pretoria se nuwe webwerf by www.radiopretoria.co.za vir
heerlike Afrikaanse leesstof. Die Internet maak dit
ook moontlik om Radio Pretoria klokhelder te ontvang
waar jy jou ookal bevind. Van die 65 lande waar volksgenote
na Radio Pretoria luister, is daar ondermeer mense
in die Verenigde Koninkryk, Ierland, België, Tanzanië,
Duitsland, VSA, Nederland, Litaue, Kanada, Australië, Katar, Kambodja,
Saoedi-Arabië,
Die Filippynse Eilande, Nieu Seeland, Korea en China.
Word sommer vandag nog 'n ondersteuner van Radio Pretoria
en help om hierdie diens van hulle uit te bou. Inligting
is op Radio
Pretoria se webwerf verkrygbaar.
|
| |
| Sukses met jou nuwe webwerf |
|
Die vraag word dikwels gevra: "Gaan
'n webwerf op die Internet vir my werklik iets beteken?" Die antwoord
is ja, maar slegs as dit altyd jonk en vars bly en
dit behoorlik geadverteer word. 'n Webwerf wat nie
konstant vernuwe word nie, is soos 'n verlepte roos.
Niemand kyk daarna nie. Verder moet 'n mens onthou
dat daar miljoene webwerwe op die Internet is, en as
dit nie behoorlik geadverteer word nie gaan niemand
daarvan weet nie. Ontoweb Media sal verseker dat jou
webwerf altyd interessant bly en dat die wêreld daarvan
weet. |
| |
| 'n Oulike verhaaltjie |
|
n
Man koop vir hom 'n doos van 24 peperduur heerlike sigare.
Hy verseker die sigare teen brandgevaar. Nadat hy die
sigare een vir een opgerook het, stel hy 'n brandeis teen
die versekeringsmaatskappy in. Die hof besluit ten gunste
van die eiser aangesien daar geen uitsluitingsklousule
vir sekere tipes brand was nie. Die hof gelas die versekeringsmaatskappy
om R1500-00 aan die eiser uit te betaal. Buite die hof
laat die versekeringsmaatskappy die eiser arresteer vir
24 gevalle van brandstigting!
Groete tot 'n volgende keer,
Lukas du Preez
|
|
|

|
| |
| Gesels met ons? |
Die goedkoopste
is om van Skype gebruik te maak. Gebruik lukas.du.preez
as Skype-naam. |
| |
|
Iets
om oor na te dink |
Dit is menslik om jou te vergis. Maar om vir
iemand anders die skuld daarvoor te gee, dis politiek.
|
|
Dit is lekker om ou briewe te lees. Dit hoef
nie beantwoord te word nie.
|
| |
| Op Radio Pretoria se werf |
|
Radio Pretoria
het in 2007 begin om Afrikaanse “country” musiek te
bevorder.
In samewerking met Klub Lekkerrus Vakansieoord
word jong opkomende kunstenaars die geleentheid gegee
om nuwe Afrikaanse liedjies bekend te stel.
Saam hiermee
word die jong kunstenaars ook die geleentheid gebied
om hulle talente aan die luisteraars van Radio Pretoria
bekend te stel.
Verskillende
pryse, geborg deur goedgesinde organisasies, word toegeken
aan die wenners van hierdie opwindende projek.
Meer inligting is te kry
by www.radiopretoria.co.za
|
Gesels met Ontoweb Media mbt al jou netwerk behoeftes. Skakel ons nou
by 012 6585060. |