| Vanaf Ontoweb Media se Lessenaar |
|
Beste Leser,
Sommer met die intrapslag wil ek jou vertel van 'n splinternuwe
webwerf. As jy dalk enigiets met swaarvoertuie te
make het, wil ek jou graag uitnooi om Equipment Marketing
se webwerf te gaan besigtig by http://www.equipmentmarketing.co.za.
Die bedryf van hierdie webwerf is in lyn met ons besigheidsmodel
waar ons volledige dienste in vennootskap met ons kliënte verskaf.
Equipment Marketing is reeds 25 jaar in die
bedryf maar het nou die Internet ingespan om verder
uit te brei. Dit is waarlik opwindend om te sien hoe
aktief hierdie webwerf is. Dis nou slegs een week
na sy lansering en nog voordat die Internet soekmasjiene
dit gelys het.
Equipment Marketing verkoop alle moontlike swaarvoertuie
en toerusting. Die huidige katalogus bevat 'n volledige steenmakery,
diamantmyntoerusting, 'n groot verskeidenheid konstruksie
toerusting, asook voertuie, hyskrane, kragopwekkers, vergruisers,
vragmotors en nog meer van allerlei aard. As jy iets soek,
gaan kyk gerus. As jy dalk enige uitgediende toerusting het
wat jy wil verkoop, tree asb dadelik met ons in verbinding
dan plaas ons dit. Wat van al daardie ou plaastoerusting
wat net staan en oproes? Laat weet ons, iemand stel dalk
daarin belang.
|
| |
| Radio Pretoria se webwerf |
|
Radio Pretoria kan wêreldwyd gehoor word, hetsy
via die radio, satelliet of die Internet. As jy 'n
getroue luisteraar na Radio Pretoria is, kan jy ook
jou stem uitbring vir die gewildste program. Besoek
net Radio Pretoria se webwerf by: http://www.radiopretoria.co.za.
|
| |
| Sukses met jou nuwe webwerf (2) |
|
'n Persoon het onlangs die opmerking
gemaak dat hy half teleurgesteld is met die min besoeke
wat hy op sy webwerf ontvang. Die webwerf het aan al die
vereistes van 'n goeie webwerf voldoen. Dit was esteties
korrek en maklik navigeerbaar. Daarbenewens was al die sleutelwoorde
in plek. Die mense wat die webwerf ontwikkel het, het
sekerlik geweet wat hulle doen. Maar wat het dan skeef geloop?
Die één element wat kort gekom het was die bemarking van
die webwerf. Die wanopvatting bestaan nog steeds dat as jy
'n webwerf op die Internet gepubliseer het, jy sommer dadelik
honderde besoekers gaan ontvang. Dit is ver van die waarheid.
Dit is eers wanneer die webwerf bekendheid verwerf het dat
dit deur die gesproke woord verder gedra word.
Voordat 'n webwerf ontwikkel word moet
daar eers bepaal word van hoe hierdie nuwe webwerf bemark
gaan word .
Ontoweb Media sal nie sy
kliënte in die steek laat wanneer dit by die bemarking van
hulle webwerwe kom nie. Ons loop die hele pad saam met die
kliënt om te verseker dat die uiteindelike produk so suksesvol as
moontlik sal wees. |
| |
| 'n Oulike verhaaltjie met 'n
les |
|
Beer se manlike hormone sit met hom op
loop. Wanneer
hy nie sy sin by sy berin kry nie, moet Hasie dit die
volgende dag ontgeld. Beer foeter dan vir Hasie behoorlik
op. Op ‘n dag was Hasie weer in die moeilikheid.
Beer gryp hom en gooi hom op die grond neer.
Poef! skielik
verskyn daar ‘n goeie fee. “As julle ophou
baklei is daar drie wense vir elkeen van julle
en wat julle ookal vra, sal julle kry.”
“Ek is eerste” sê Beer. “Ek wens dat al die berinne
(wyfiebere) in hierdie en die aangrensende bos my begeer.”
Hasie: “Ek soek ‘n valhelm.”
“Goed, nou die tweede wens”, sê die fee.
Beer: “Ek wens dat al die manlike bere in die bos
berinne word en my ook begeer.”
Hasie: “Ek wil graag ‘n motorfiets hê.”
Fee: “Dit is goed so. En die derde wens?”
Beer: “Ek wens dat al die manlike bere in die aangrensende
bosse ook berinne word en my begeer.”
Hasie spring op sy motorfiets en voordat hy wegjaag skree
hy: “Ek
wens dat Beer homoseksueel word!”
Die les: Pasop hoe jy jou
minderes hanteer. Hulle mag dalk al jou mooi drome in
die wiele ry!
Groete tot 'n volgende keer,
Lukas du Preez
|
|
|

|
| |
| Gesels met ons? |
Die goedkoopste
is om van Skype gebruik te maak.
Gebruik lukas.du.preez
as
Skype-naam. |
| |
|
Iets
om oor na te dink |
Domheid hou die ekonomie aan die gang. Die
meeste mense koop en verbruik meer as wat hulle werklik
benodig.
|
| |
| Equipment Marketing |
|
Op Equipment Marketing se webwerf
is alles te kry. Pas net op vir die klein ongelukkies met
die toerusting, veral as jou vrag 'n bom is!

|
Gesels met Ontoweb Media mbt al jou netwerk behoeftes. Skakel
ons nou by
012 6585060. |
Sonder kennis
is daar geen begrip;
Sonder begrip
is daar geen geloof;
Sonder geloof
is daar geen hoop;
Sonder hoop
is daar geen toekoms. |
| Die laaste woord |
Die aap sit in die boom en sê vir leeu:
"Ek kan tog enige dier in die bos na-aap".
Sê koning leeu:
"Maar daar is beslis niemand in die bos wat jou wil na-aap
nie!" |
|