| Vanaf Ontoweb Media se Lessenaar |
|
Beste Leser,
Die gesamentlike onderneming van Ontoweb Media en Equipment Marketing
op die Internet, het heelwat gegroei sedert dit in
die vorige nuusbrief bekend gestel is. Nuwe produkte word daagliks bygevoeg.
Equipment Marketing verkoop swaar industriële toerusting
en masjinerie, vragmotors, kragopwekkers, trekkers en implemente. Daar
is selfs ook 'n knortjor op die webbladsye geadverteer.
Equipment Marketing is die alleen agente vir Inyathi
hyskrane, en verder ook agente vir QualiProd en Barmac
produkte. Sommige van hierdie produkte word in die kantlyn aangetoon.
Besoek gerus Equipment Marketing se webwerf by www.equipmentmarketing.co.za
As jy dalk enige uitgediende toerusting het wat jy wil verkoop, tree
asb dadelik met ons in verbinding dan plaas ons dit. Wat van al daardie
ou plaastoerusting wat net staan en oproes? Laat weet ons, iemand stel
dalk daarin belang.
Le-Lue is 'n jong sangeressie wat tans besig is om
opgang te maak. Sy is 17 jaar oud en in Matriek aan die Hoërskool
Swartland in Malmesbury. Besoek haar webwerf
by:
www.le-lue.co.za. Een van haar
liedjies is deur Select Music opgeneem in Afrikaans
se 60 Grootste Treffers. Gaan luister gerus daarna
op haar webwerf. |
| |
| Radio Pretoria se webwerf |
|
Radio Pretoria hou 'n Biologiese Boeredag op 13 Oktober
by die Boskombuis net buite Kleinfontein. As jy dalk
iets het wat jy wil uitstal kan jy gerus Radio Pretoria
se webwerf gaan besoek by: http://www.radiopretoria.co.za.
Stalletjies vir die dag is te huur vanaf so laag as
R150.00 vir die dag. |
| |
| Sukses met jou nuwe webwerf (3) |
|
Aangesien daar so baie inligting op die
Internet beskikbaar is, is dit belangrik om te onthou dat
die Internet gebruiker nie bereid is om baie lank te wag
vir 'n webwerf om oop te maak nie. Dit impliseer dat jou
webwerf vinnig moet reageer wanneer die besoeker op die skakel
na die webwerf klik.
Die tegniese aspekte mbt die reaksietye
van webwerwe is te veel om hier te bespreek. Dit kan boekdele
beslaan. Aspekte wat die reaksietyd kan belemmer is o.a.
die bandwydte van die bediener, die bandwydte van die verbindings, kode
wat op 'n bediener uitgevoer word (bv php en databasisse), die oormatige
gebruik van grafika en
flash media, ens. Aangesien dit nie altyd moontlik is om
die gebruik van die vertragers uit te skakel nie, moet kompromis
tegnieke soms toegepas word om die beste reaksietyd te verseker.
Vra jouself af:
(1) Is dit werklik nodig
om kode te gebruik wat op die bedieners moet loop?
(2) Wat is meer belangrik, die
inhoud van die webwerf of die vertoon van die webwerf? |
| |
| 'n Oulike verhaaltjie |
|
Tydens 'n kantoorfunksie in Melbourne
besluit die werknemers om 'n grap op hulle baas
uit te haal. Toe hy noodwendig 'n draai moes gaan loop,
soek hulle in sy aktetas na sy lotto-kaartjie en skryf
die nommers neer. Hulle reël met die spysenier om
hulle met hulle onnutsigheid behulpsaam te wees.
'n Halfuur nadat die baas terug is, kom
die spysenier daar ingestap en verkondig dat die wennommer
vir die aand se lotto-trekking bekend gemaak is. Hy gee
toe natuurlik die baas se lotto-nommer.
Die baas kyk na die nommers, vergelyk
dit met sy eie nommers, sug diep en vergelyk dan weer die
nommers. Nadat hy rukkie stil gesit en voor hom uitgestaar
het, spring hy op en verkondig luidkeels: "Mense, ek wil
vir julle iets vertel. Ek het al maande 'n verhouding
met my sekretaresse. Ek het 'n hekel aan julle almal en
wat my betref kan julle almal in julle peetjie
vlieg. Ek het 'n miljoen doller in die lotto gewen en ek
gaan nou weg."
Einde van sy werk. Einde
van sy huwelik. Einde van die verhaal! (met dank aan Broodjeaap.nl)
Groete tot 'n volgende keer,
Lukas du Preez |
|
| Sommige
QualiProd produkte |
|





|
| |
| Ook by Equipment Marketing |

|
| |
|
Iets
om oor na te dink |
Koningin Christine van Swede bewonder 'n beeld
van Bernini. 'n Kardinaal sê aan haar: "Ek sien, U Majesteit,
dat U die waarheid bewonder; nie alle heersers doen dit
nie."
"Dit is wel waar", sê Christine, "maar
nie alle waarheid is uit marmer gekap nie!"
|
**** |
Die vermoë om anders te dink is 'n geskenk wat gewoonlik
te laat oopgemaak word. |
Gesels met Ontoweb Media mbt
al jou netwerk behoeftes. Skakel ons nou by:
012 6585060. |
|