|
Beste Leser,
'n Nuwe aanslag,
nuwe gesigte, nuwe bestuur en 'n splinternuwe webtuiste.
Ek praat nou van die Blanke Ekonomiese Forum (BEF).
Gaan besoek gerus hulle nuwe webwerf by www.blankeforum.org.
Hierdie webwerf is op 29 Oktober 2007 formeel aan die
Blanke Ekonomiese Forum oorhandig. Die nuwe webwerf
is grotendeels lede-georiënteerd en besit onder andere
'n werksverskaffingsburo vir werkgewers en werksoekers.
Laat weet gerus die BEF indien jy iemand aan 'n pos
kan help. Is jy dalk reggestel of afgelê? Stuur dan
'n kort CV aan die BEF vir plasing op die webwerf.
Die gespreksforum (kletskamer) is nou
ook bygewerk en beperkende maatreëls is ingestel om die plasing
van pornografie en ander ongewensde materiaal op die
gespreksforum te verhoed. Dit is ook nou meer gebruikersvriendelik
en 'n gebruiker kan sy rekenaar opstel sodat dit nie nodig is om in te
teken elke keer as hy/sy die gespreksforum besoek nie.
Die jongste nuus kan via
RSS-voere op die webwerf verkry word. Gaan lees die
jongste nuus soos verkry vanaf die BBC, De Morgen (Vlaandere),
De Telegraaf (Nederland), NPR ('n onverbonde nuusbron
uit die VSA), die New York Times en Reuters. Daar word
beplan om nog bronne by te voeg.
Een probleem wat alle welsynsgerigte
organisasies soos die BEF in die gesig staar, is hoe
om bedryfskostes te beperk sodat die inkomste wat deur
ledebydraes gegenereer word, aangewend kan word waarvoor
dit werklik bedoel is. Gaan kyk maar na enige organisasie
of maatskappy dan sal 'n mens vind dat personeeluitgawes
bo-aan die ranglys vir bedryfskostes is.
Ontoweb Media het hierdie probleem aangespreek
deur 'n webgebaseerde ledebestuur-stelsel te ontwikkel
wat die totale proses outomatiseer. Die aansluiting
van nuwe lede geskied outomaties en is gebruikersvriendelik.
Die stelsel is verder met die eksterne
debietordervorderaar en die organisasie se bankstate
geïntegreer sodat daar met die druk van 'n enkele
knoppie 'n volledige verslag van alle ledegeldinbetalings
gegenereer word. Die status
van alle lede kan intyds op die bestuurder se rekenaar
vertoon word. Die inligting wat in SQL-databasisse
gestoor word kan direk in Excel vertoon word sodat
alle moontlike verslae getrek kan word. Nuusbriewe
kan outomaties aan alle lede uitgestuur word. Die stelsel
is modulêr wat uitbreidings aan die stelsel vergemaklik.
Die totale pakket bied 'n enorme besparing aan administrasie
kostes. Die stelsel is met oopbron (open source) sagteware
ontwikkel wat dit nog meer aantreklik maak, aangesien
daar geen lisensiegeld betaal hoef te word nie.
Groete tot volgende keer.
Lukas du Preez
|
|
Die oupa onderrig sy kleinseun mbt die lewe.
"Binne in my is daar 'n geveg aan die gang",
sê hy aan die seun.
"Dit is 'n afskuwelike geveg tussen twee wolwe. Die
een wolf is sleg - hy bestaan uit woede, jaloesie, verdriet,
hebsug, nyd, verwaandheid, wrok, leuens, valse trots,
grootheidswaan en ego.
"Die ander wolf is goed - hy is vreugde, vrede, liefde,
hoop, kalmte, nederigheid, vriendelikheid, welwillendheid,
meegevoel, vrygewigheid, waarheid en geloof. Binne in jou
woed dieselfde stryd - en dieselfde geld vir elke mens."
Sy kleinseun dink 'n oomblik na en vra sy oupa:
"Watter wolf sal die geveg wen?"
Die oupa glimlag en antwoord eenvoudig:
"Die een wat jy voed". |