|
Beste Leser,
Die jaar 2008 is reeds vinnig op pad en Kersfees is al 'n volle maand
in die verlede. Hier by Ontoweb Media het daar in die tussentyd egter
heelwat gebeur wat vir u van belang kan wees.
Daar is baie van ons mense wat tans sukkel om kop bo water te hou, of
selfs te oorleef. Die redes daarvoor is aan ons almal bekend. Verskeie
persone en ondernemings het nou saamgespan om op 'n onbaatsugtige wyse,
sake en werksgeleenthede aan die publiek beskikbaar te stel.
Ons skop dus gedurende Januarie 2008 af met Projek Geelvink, wat as
gidsprojek in hierdie verband sal dien.
Daar is tans nog ander projekte wat in die beplanningstadium
is. Resultate wat vanaf ons gidsprojek verkry word, sal in ons verdere
beplanning en strategieë gebruik word.
Gaan besoek gerus www.safriweb.net/werk vir meer inligting.
Dit hou natuurlik ook verband met ons ander webwerf, www.equipmentmarketing.co.za.
As u enige swaartoerusting, vragmotors, laaigrawe, ens het waarvan u
ontslae wil raak, kan u gerus hierdie webwerf besoek. Die advertensie
tariewe is uiters billik en u kan verseker wees dat ons vanaf ons kant
hard sal probeer om u waarde vir u geld te verskaf.
Behalwe Projek Geelvink is daar ook ander inisiatiewe wat ons hoop binnekort
sal kan realiseer. Ongelukkig kan ons nie nou al die aap uit die mou
laat nie. Ons hoop om met die volgende nuusbrief meer inligting daaroor
te gee.
Dinge is aan't gebeur in hierdie land van ons. Die toekoms is baie onseker,
en ons sal mekaar se hande moet vat, saam bid en saam werk om te oorleef.
Groete tot volgende keer.
Lukas du Preez
|