Ontoweb Media se Potpourri Nuusbrief
Maart 2008
Bevordering van Afrikaans - Afrikaanse Nuusagentskap vraelys

Beste Leser,

Is daar werklik ‘n behoefte vir die bevordering van Afrikaans? Ek het self al in ons plaaslike boekwinkels gaan rondsnuffel maar die verskeidenheid van Afrikaanse lektuur is in sekere boekwinkels redelik beperk, veral wat kinderboeke betref. 'n Paar Afrikaanse sakemanne het die Afrikaanse Nuusagentskap (ANA) sowat 7 jaar gelede as ‘n handelsmerk geregistreer  en hulle wil nou daadwerklik iets aan die situasie doen. Hulle is tans besig met intensiewe navorsing om die werklike behoefte na Afrikaanse lektuur te bepaal. Aangesien die behoud en uitbouing van Afrikaans vir ons almal van belang is, het ons aangebied om hulle in die marknavorsing te ondersteun. Ons vra dus almal se samewerking. Help ons asseblief deur op die volgende skakel te klik en die vraelys te voltooi. Dit sal jou nie langer as 10 minute neem nie. Die skakel na die vraelys is: http://www.ontowebmedia.com/ana. Rig enige navrae aan inligting@ontowebmedia.com of skakel ons by 012 6585060.

Stuur gerus ook hierdie skakel na jou kennisse. Dit is vir ons belangrik om soveel respondente as moontlik te verkry. Selfs ook uit die buiteland! Ons dink veral aan dié plekke waar daar baie Afrikaanssprekendes woon, soos in Nieu-Seeland, Australië en Engeland.

Ons sê sommer by voorbaat dankie vir die samewerking.

Groete tot volgende keer.

Lukas du Preez

 
Die drie siwwe

Sokrates, die Griekse wysgeer, wandel op ‘n dag deur die strate van Athene. ‘n Man loop hom opgewonde tegemoet. “Sokrates, ek moet jou dringend iets oor jou vriend vertel...”

“Stop eers”, onderbreek Sokrates hom. “Voordat jy verder gaan. Het jy dít wat jy wil vertel eers deur die drie siwwe gesif?”
“Die drie siwwe? Welke drie siwwe”, vra die man verbaas.
“Laat ons dit probeer”, stel Sokrates voor.
“Die eerste sif is die sif van waarheid. Het jy dít wat jy my wil vertel, ondersoek?”
“Nee, iemand het dit vertel en....”
“A-a juis! Dan het dit seker deur die tweede sif gegaan? Die sif van die goedheid. Is dit iets goeds wat jy my van my vriend wil vertel?”
Aarselend antwoord die man: “Êêê, nee, inteendeel.....”
“Hm”, sê die wysgeer. “Laat ons dan die derde sif gebruik. Is dit noodsaaklik om my te vertel wat jou só opwen?”
“Nee, nie direk noodsaaklik nie”, antwoord die man.
“Wel, wel”, sê Sokrates glimlaggend. “As die verhaal wat jy my wil vertel, nie waar is nie, nie goed is nie en nie noodsaaklik is nie, vergeet dan daarvan en moet my nie daarmee belas nie.”

 


Om oor na te dink

 

Wie die slegte oorsien,
skend die goedheid.

Publius Syrus
90-40 vC.

-----------------------------

Aan juis die tien dinge, wat Gebooie genoem word, staan en val die wêreldvrede.

Stefan Wittlin, (*1961),
Switserse medikus

Webwerwe

Besoek gerus die volgende webwerwe:

www.handelshuis.co.za
vir alles en nog wat.

www.heavyquip.co.za
vir swaar toerusting, voertuie, en implemente.


Web-databasisse

Gesels met Ontoweb Media mbt al jou web-gebaseerde databasis behoeftes.

Web-debietorders

Vir ten volle geouto-matiseerde debiet- order invorderings.

Skakel 012 6585060

Jy kan hier op hierdie nuusbrief inteken of uitteken: Teken in/uit

Kontak ons

Ontoweb Media en Inligtingsdienste, Sashistraat 32, Eldopark, Centurion, SA