Ontoweb Media se Potpourri Nuusbrief
April 2008
Ontoweb Media Nuus

Beste Leser,

Ons wil graag die persone wat op ons vraelys gereageer het bedank vir hulle bydrae tot die bevordering van Afrikaanse lektuur. Indien jy vergeet het om dit te doen, kan jy gerus op die volgende skakel klik en die vraelys voltooi www.ontowebmedia.co.za. Die opname sluit op Vrydag 11 April 2008. Die resultate sal in die volgende nuusbrief bekend gemaak word.

Besoek gerus ook ons nuwe Afrikaanse webwerf by www.ontowebmedia.co.za.

Die goeie nuus vir almal wat oor die Internet handel wil dryf is dat ons met ‘n Suid-Afrikaanse onderneming saamwerk om kredietkaarttransaksies oor die Internet te fasiliteer. Dit word lokaal hanteer en alle verkope is in Suid-Afrikaanse Rand. Ons is tans besig om die stelsels te implementeer. Indien jy dus beplan om enige tipe van transaksies via die Internet te doen kan jy gerus met ons in verbinding tree. Dit geld vir wêreldwye Visa en MasterCard transaksies.  Die kostes daaraan verbonde is laag en die fondse is binne tien dae na die transaksie plaasgevind het beskikbaar.  Sodra ons die stelsels geïmplementeer het sal Ontoweb Media sy eie Internet-handel via hierdie stelsel bedryf.

Groete tot volgende keer.

Lukas du Preez

 
Die Filosoof


Die tiran beveel sy filosoof om sy kanarie te leer sodat hy  Homer se Iliad** woordeliks kan opsê. Indien hy dit nie wil doen nie, moet hy die land verlaat. As hy dit egter probeer en dit slaag nie, dan sal die filosoof die doodstraf ontvang.

“Goed”, sê die filosoof, “ek sal die kanarie leer, maar daarvoor het ek 10 jaar tyd nodig.”

“Waarom was jy so gek om so iets onmoontliks te onderneem”, vra sy vriende.

Laggend antwoord hy: “na 10 jaar is óf ék, óf die tiran, óf die voël dood.”

(Georg Philipp Friedrich Leopold Freiherr von Hardenberg (1772 -1801). Duitse Liriekskrywer.)

Die les van hierdie storie: deur lateraal te dink en holisties na ‘n probleem te kyk is daar soms ‘n eenvoudige uitkoms uit lewensbedreigende situasies.

** Homer se Iliad – ‘n Werk uit die Antieke Griekse tyd.

ONTOWEB MEDIA EN INLIGTINGSDIENSTE - VIR AL JOU INTERNETBEHOEFTES


Om oor na te dink

 

Elke dokter het sy eie lieflingsdiagnose.

Henry Fielding
(1707 - 1754)

-----------------------------

Wanneer 'n mens alles verloor het, is die toekoms nog steeds daar.

Willy Meurer, (*1934), Duits-Kanadese
Koopman

Webwerwe

Besoek gerus die volgende webwerwe:

radiopretoria.co.za
vir Afrikaanse radio oor die Internet.

heavyquip.co.za
vir swaar toerusting, voertuie, en implemente.


Web-databasisse

Gesels met Ontoweb Media mbt al jou web-gebaseerde databasis behoeftes.

Web-debietorders

Vir ten volle geouto-matiseerde debiet- order invorderings.

Skakel 012 6585060

Jy kan hier op hierdie nuusbrief inteken of uitteken: Teken in/uit

Kontak ons

Ontoweb Media en Inligtingsdienste, Sashistraat 32, Eldopark, Centurion, SA