Besoek gerus:






 

 

 

Verspreidingslyste

Verspreidingslyste is 'n handige instrument indien jy inligting aan verskeie persone of instansies gelyktydig wil stuur. Jy kan self besluit hoe jy hierdie verspreidingslyste wil aanwend, hetsy as 'n eenrigting verkeer vanaf jou na die ontvangers óf as 'n forum waar mense met mekaar kan kommunikeer. Die aantal eposadresse wat op 'n enkele verspreidingslys geplaas kan word is onbeperk.

Die verspreidingslyste het ingeboude sekerheidsfasiliteite wat verhoed dat enige persooon dit vir "SPAM" of ander ongewensde doeleindes kan aanwend.

Toegang tot die bestuur van hierdie verspreidingslyste is via 'n webbladsy wat met 'n wagwoord beskerm word. Slegs die administrateur van die verspreidingslys het toegang tot al die eposadresse wat op die verspreidingslys voorkom.

Ontoweb Media sal vir jou hierdie verspreidingslyste teen 'n geringe koste in stand hou.