Besoek gerus:





 

 

 

Instandhouding van webwerwe

Wanneer jou webwerf eers op die Wêreld Wye Web verskyn, is dit nog nie die einde van die verhaal nie. Voortdurende instandhouding is nodig om onder andere te verseker dat:

 Jou webwerf altyd die jongste inligting bevat.

 Daar altyd vernuwing is sodat besoekers weer sal terugkom. Daar is niks so dodelik as wanner 'n webwerf altyd dieselfde bly nie.

 Vir lewendige of interaktiewe webwerwe, die sekerheidvereistes altyd nagekom word sodat die integriteit van die werwerf nie gekompromiteer word nie. Daar sal voortdurend verskillende tipes aanslae teen die webwerf geloods word om die data te bekom of die webwerf ontoeganklik vir besoekers te maak. Die webwerflogs behoort gereeld vir aanslae nagegaan te word.

 Data gereeld gerugsteun word sodat die webwerf vinnig na 'n katastrofe herstel kan word.

 Dat virus- en "spam"-filters behoorlik funksioneer.

Bostaande is slegs enkele punte wat belangrik kan wees. Die instandhouding van enige webwerf sal afhang van die aard en omvang van die webwerf. Ontoweb Media kan vir jou vooraf 'n aanduiding gee watter tipe instandhouding benodig gaan word en wat die maandelikse koste daarvan sal wees.