Besoek gerus:






 

 

 

Ontwerp, ontwikkeling en implementering van webwerwe

Ontoweb Media en Inligtingsdienste lewer vir jou 'n volledige eenstopdiens vir jou beplande webwerf. Dit sluit die volgende in:

Ontwerp, ontwikkeling en implementering van jou webwerf

Ons ontwerp en ontwikkel vir jou 'n webwerf wat by jou of jou organisasie se behoeftes en karakter pas. Daar is soveel veranderlikes wat 'n rol speel, dat 'n mens dit nie alles hier kan noem nie. Enkele van die veranderlikes is kleur, uitleg, grafika, logo's, databasisse en interaksies met die webbladsye.

Die volgende twee punte is die belangrikste wat in gedagte gehou moet word wanneer webbladsye ontwerp en ontwikkel word:

Dit moet vinnig op die besoeker se leser kan oopmaak. Dit impliseer dat oormatige grafika, "Flash"-knoppies en baniere jou webbladsye baie stadig kan maak en dus jou besoeker sodanig kan frustreer dat hy wegloop. Wat vir jou dalk fantasties en "flashy" lyk, kan vir jou besoeker 'n bron van uiterste irritasie wees.

Die tweede punt is dat die webbladsye met die oog op die soekmasjiene ontwikkel moet word. In die Engels staan dit bekend as Search Engine Optimisation (SEO). Hoe beter die webbladsye volgens hierdie beginsels ontwerp word, hoe hoër kan hulle op die soekmasjiene se ranglyste verskyn.

Die koste vir die ontwerp, ontwikkeling en implementering van jou webwerf sal afhang van jou besondere behoeftes. Ons kan vir jou 'n webwerf ontwikkel volgens jou eie voorkeure wat by jou begroting sal pas. Besoek gerus die webwerwe www.proarteproduksies.co.za, www.afna.co.za, www.dieweg.co.za, www.bcvo.co.za en www.boor.co.za vir voorbeelde.

Bekendstelling van jou webwerf op die Internet.

Vra vir enige persoon wat sy eie Internetbesigheid self begin het en hy/sy sal vir jou sê dat dit baie tyd en geld kos om jou webwerf op die Internet bekend te stel. Ontoweb Media kan jou help om jou webwerf op die Internet te adverteer teen geen ekstra koste nie!