|
e-Boeke
Ontoweb Media en Inligtingsdienste lewer vir jou 'n volledige eenstopdiens vir al jou Internet inligtingsbehoeftes. Dit sluit die volgende in:
Wat is 'n e-boek? 'n E-boek is 'n boek wat in elektroniese formaat gepubliseer word sodat dit op 'n rekenaar gelees kan word. In die meeste gevalle kan die boek, of dele van die boek, ook op 'n drukker uitgedruk word. Wat is die voordele van 'n e-boek? Daar is byna geen publikasie koste nie. Dit kan vinnig gepubliseer word, wat veral belangrik is wanneer dit oor aktuele sake handel. Daar is geen afleweringstyd en -koste nie. 'n Persoon koop dit op die Internet met 'n kredietkaart en laai dit onmiddellik af. Die kwaliteit van die inhoud is dieselfde as enige gedrukte boek. Dit is veral geskik om boeke na Afrikaanssprekendes in ander lande te versprei. 'n Persoon in Kanada of Nieu-Seeland kan dit dadelik lees, die oomblik wat dit gepubliseer word. Publisering van e-boeke Indien jy 'n besonderse boek het wat jy in elektroniese formaat wil publiseer kan jy net met Ontoweb Media in verbinding tree. Ons sal enige boek plaas, maar die sukses daarvan kan nie gewaarborg word nie. Soos vir enige ander boek moet die leserspubliek in ag geneem word. 'n eBoek sal nie verkoop as dieselfde inligting vryelik op die Internet beskikbaar is nie, nog minder sal 'n eBoek verkoop wat nie populêre leesstof is nie. Behalwe as jy 'n Totius is, moet jy ook nie geld belê in die publisering van digbundels nie. eBoeke wat goed verkoop is dié wat 'n spesifieke gemeenskap aanspreek. Romans verkoop nie as eBoek nie; baie goeie kortverhale wel. Die grootste koste verbonde aan die publisering van eBoeke is die uitleg daarvan en die omskakeling na pdf-formaat wat die mees algemeenste formaat vir eBoeke is. Ons verkies dat die skrywer self die versorging sal hanteer om kostes te besnoei. Ontoweb Media kan egter hierdie dienste aanbied indien die skrywer dit nie self kan doen nie. Tree asb met ons in verbinding indien jy jou boek in elektroniese formaat wil publiseer.
|
|||||||||||||||||