|
Elektroniese Nuusblaaie
'n Elektroniese nuusblad (eNuusblad)
is 'n publikasie wat in pdf-formaat uitgestuur word en wat ook in HTML-formaat
op die Web beskikbaar gestel kan word. Dit is gerig om nuusgebeure en
interessanthede aan 'n bepaalde gemeenskap of groep te bring. Daar is
geen beperking op die aantal bladsye nie solank die totale lêer
nie een megagreep oorskry nie.
Die voordeel aan eNuusblaaie is dat daar
geen drukkerskoste aan verbonde is nie en die inligting oombliklik wêreldwyd
versprei kan word.
Jy hoef nie 'n webwerf te besit om eNuusblaaie
uit te stuur nie.
Soos vir eNuusbriewe is daar sekere belangrike
punte om te onthou:
Die
inligting moet só aangebied word dat die mense dit graag sal wil
lees en ook graag verder sal wil versprei.
Begin
met 'n verspreidingslys van mense wat jy weet dit graag sal wil lees.
Maak
voorsiening daarvoor dat belangstellendes op jou verspreidingslys kan
inteken.
Onthou
dat die verspreiding van ongevraagde epos, kortweg bekend as "SPAM"*,
onwettig is. Daar is sekere reëls en regulasies mbt ongevraagde
epos. Nie alle ongevraagde epos is SPAM nie. 'n Eenmalige bekendstelling
van jou eNuusblad aan die teikengroep word nie as SPAM beskou nie. Persone
moet wel toegelaat word om te kan uitteken indien hulle dit nie verder
wil ontvang nie.
Die
meeste Internetbedieners gebruik SPAM-filters om ongewensde epos weg
te hou. eNuusblaaie moet só gestruktureer word dat die filters
dit nie as SPAM aansien nie. Daar is niks so frustrerend as wanneer jou
epos nie sy eindpunt bereik nie.
* SPAM is 'n internasionale slengwoord
vir ongevraagde epos. Dit kom eintlik van "squirrels, possums and
mice".
|