Besoek gerus:






 

Besoek
www.rieme.co.za
Die Afrikaanse
Soekmasjien

 

 
Ontologie van die web: die akkurate beskrywing van webinligting sowel as die verwantskappe tussen die inligtings-entiteite.


Besoek die Afrikaanse Nuusagentskap.

Ontoweb Media en Inligtingsdienste verskaf jou 'n wye reeks van dienste wat die volgende insluit:

 

Webwerfontwikkeling
Ons ontwerp en ontwikkel vir jou 'n webwerf wat by jou of jou organisasie se behoeftes en karakter pas. Daar is soveel veranderlikes wat 'n rol speel, dat 'n mens dit nie alles hier kan noem nie. Enkele van die veranderlikes is kleur, uitleg, grafika, logo's, databasisse en interaksies met die webbladsye.


Webgasheerdienste
Jy soek 'n webwerf, maar jou groot vraag is hoe kry jy dit op die Internet?

Domeinregistrasie
Jy het jou webbladsye op 'n Internetbediener wat deur sy eie spesifieke IP-adres aangedui word. Die Internetgemeenskap gebruik egter selde of ooit 'n IP-adres om 'n webwerf te besoek. Dit is makliker om 'n naam as 'n lang ry syfers te onthou. Daarom moet jou webwerf 'n naam kry. Dit word 'n domeinnaam genoem. Anders beskou, die naam dui jou virtuele gebied op die Internet aan. Hierdie naam moet by 'n registrasie-owerheid geregistreer word sodat die wêreld kan weet dat hierdie domein aan jou behoort.

Verspreidingslyste
Verspreidingslyste is 'n handige instrument indien jy inligting aan verskeie persone of instansies gelyktydig wil stuur. Jy kan self besluit hoe jy hierdie verspreidingslyste wil aanwend, hetsy as 'n eenrigting verkeer vanaf jou na die ontvangers óf as 'n forum waar mense met mekaar kan kommunikeer. Die aantal eposadresse wat op 'n enkele verspreidingslys geplaas kan word is onbeperk.

Webwerfinstandhouding
Wanneer jou webwerf eers op die Wêreld Wye Web verskyn, is dit nog nie die einde van die verhaal nie. Voortdurende instandhouding is noodsaaklik.


Sommige webwerwe deur
Ontoweb Media:



Databasisse
Ons MySql databasisse verskaf jou 'n fasiliteit om data direk vanaf 'n webbladsy in te voer en te stoor sodat dit intyds of agterna verwerk en vertoon kan word. Die SQL data kan ook enige tyd na 'n Excel spreiblad oorgedra word.

__________________________

By Ontoweb Media verstaan ons die belangrikheid vir die korrekte gebruik en aanwending van inligting vir jou as persoon of vir jou organisasie. Daarom kan ons vir jou al die Internet inligtingsdienste in een enkele pakket aanbied, vanaf webwerfgasheerdienste en webwerfontwikkeling tot by eNuusbriewe en eNuusblaaie. Gebruik asb die kieslys hierbo om deur ons webwerf te swerf. Miskien is daar iets, spesifiek vir jou.

 

eNuusbriewe
Elektroniese nuusbriewe bied vir jou een van die goedkoopste en mees effektiefste maniere om jou organisasie of sakebelange aan die wêreld bekend te stel. Daar is geen drukkerskoste aan verbonde nie en die inligting word oomblik wêreldwyd versprei. Baie internasionale maatskappye maak van eNuusbriewe gebruik om die publiek op hoogte van nuwe verwikkelings en/of produkte te hou.

eNuusblaaie
'n Elektroniese nuusblad is 'n publikasie wat in pdf-formaat uitgestuur word en wat ook in HTML-formaat op die Web beskikbaar gestel kan word. Dit is gerig om nuusgebeure en interessanthede aan 'n bepaalde gemeenskap of groep te bring. Daar is geen beperking op die aantal bladsye nie solank die totale lêer nie een megagreep oorskry nie.

eBoeke
Indien jy 'n besonderse boek het wat jy in elektroniese formaat wil publiseer kan jy net met Ontoweb Media in verbinding tree. Alle boeke word in gebruikersvriendelike formaat uitgelê sdat dit gerieflik op 'n rekenaarskerm vertoon kan word en op 'n drukker in A5 formaat uitgedruk kan word.

Geïntegreerde dienste
Moeg gesukkel om maandelikse debietorders te administreer? Ontweb Media en Inligtingsdienste kan dit vir jou ten volle outomatiseer sodat al jou debietorders verwerk word met die druk van 'n enkele knoppie. Jou bydrae-databasis bly altyd op datum.

Wil jy artikels op jou webbladsye verkoop? Integreer dan jou webbladsye met 'n kredietkaart- ontvangsportaal en ontvang betalings wêreldwyd via jou webbladsye.

Besoek ook:
http://www.childtherapist.co.za
http://www.boor.co.za
http://www.dieweg.co.za

Teken gerus in op Ontoweb Media se gratis Potpourri nuusbrief. Klik hier om die vorige uitgawes te lees.

South African ex-pat Webring
© WebRing Inc.
South African ex-pat Webring
Prev | Ring Hub | Join | Rate| Next
Nederlandse_Sites_uit_Holland_Belgie_en_Zuid Afrika
[ Treed Toe | Overzicht | Random | << Vorige | Volgende >> ]